Wow
‘n Paar lidmate van ons gemeente het Dinsdagaand gaan sing by Die Wilgers Hospitaal in Pretoria. ‘n Paar musikante en ‘n kleingroep van Skuilkrans gemeente wou tot seën vir die pasiënte en personeel wees, maar toe word ons verras en geseën!
Ons stad is steeds in ‘n oorlewingstryd gewikkel tydens die derde golf van die Covid pandemie en ons weet die personeel wat in daardie uur sou skofte ruil, is vegvoos. Tussen ons staan die vrou en skoonma van ‘n man wat al vir 5 weke op ‘n ventilator was in hierdie ICU. Die oupa moes hulle kleintjies rondry vir buitemuurse aktiwiteite. Elkeen is deur sy eie soort Covid-hel. Sy is ‘n paar dae terug gebel om te kom afskeid neem, maar die Genade was groot en hy is vandag van die ventilator af en wakker. Ons het so lank vir hom gebid en weet hierdie lofoffer kan nie begin…
View original post 306 more words