Archive | Desember 2018

Vlamboom

‘N ander soort Kersverhaal!

Kom reis saam om die wêreld

Gouda se kersboom is ’n dooie, kandelaaragtige blomtak van die groot bergaalwyn uit Ouma Rhoda se dorpstuin.

Pa Koot gaan haal die tak van die buitekamer se solder af en maak hom staan in ‘n blompot op die lessenaar in die sonkamer waar ma Hanna elke tak sorgvuldig in watte toewikkel.

Verbeel julle dis sneeu” sê sy, dit terwyl die somerkraaie buite sit en gaap en die vaal grasperk smag na die lafenis van ’n laatmiddag reënbui.

Uit die ou skoendoos in die spaarkamerkas verskyn daar blink glasballe, kleurvolle linte en ’n verbleikte kersvader aan ’n rooi toutjie. Elke versiering het sy plek en groot-oog staan ons en staar hoe Ma die droë tak omskep in ’n glinsterende sneeuboom. Heel laaste maak Ma die dun verjaarsdagkersies op hulle plekkies aan die kersboom vas. Rooi, blou en wit kersies vir aansteek as Pa teen laatskemer gaan Bybellees.

Dan bring sy…

View original post 453 more words

Waar kom Kersfees vandaan?

Baie interesant

Die Lewegewer

lantrens

Die meeste mense dink verkeerdelik dat Kersfees ontstaan het uit ‘n klomp heidense feeste. Baie onkunde bestaan oor die ontstaan en tradisie van hierdie fees. Dit is gewoon nie waar dat Kersfees vanuit ‘n heidense agtergrond begin het nie. Die grootste deel van die vorm daarvan en inkleding kom uit ‘n bepaalde Ou Testamentiese (OT) fees.

VOOR CHRISTUS

Die wortels en betekenis van Kersfees lê in ‘n fees wat deur gelowiges gehou is lank voor CHRISTUS se tyd.

In 168 v.C. het die Siriese Griek, Antiochus Epifanus, Jerusalem binnegeval en die tempel ontheilig deur onder meer ‘n standbeeld van Zeus daarbinne op te rig en varke op die altaar te offer, die varkvet op die boekrolle van die OT Bybel en tempelgoedere te sprinkel en die tempel sodoende te verontreinig. JESUS verwys na hierdie gebeure in Mat 24:15 as die “gruwel van verwoesting”. (Vgl. Daniël 9:17 ens.). Die Joodse gelowiges…

View original post 1 638 more words

MOSSIEDAG

Die Lewegewer

In die konsentrasiekamp, meer as 100 jaar gelede, sit Anette Marais op ’n stomp en skud die stof van haar verslete klere af. Rondom haar sit die groepie bekende gesigte van moeë vrouens. Net ’n paar tree verder is die hoë draad van die konsentrasie kamp. Sy slaan haar Bybel oop en begin lees. Sy het in die donker ure van die nag geworstel met God en Hom gesmeek vir ʼn boodskap om hierdie vrouens te bemoedig, want wie weet hoe lank nog . … ..

Anette lees die woorde van Matt 10:29 – “Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie, en tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie.”

Terwyl sy besig is om hierdie woorde te lees, kom sit daar ’n vaal klein mossie op haar skouer. Die groepie vrouens staar in verbasing na wat voor…

View original post 368 more words