Ek het onlangs gehoor dat, in die Joodse geloof is dit ‘n baie groot lewensgebeurtenis as jy grootword om ‘n Rabbi te word. Sodra jy as kind toegewyd alles geleer het wat jy moet leer, word jy gekies om aan ‘n Rabbi toegesê te word, mits hulle kan sien dat jy werklik toegewyd is en kan redeneer soos ‘n ware Rabbi. Dit is dus ‘n voorreg veral vir jou ouers as jy gekies word. Dit is wanneer hierdie seënwens op jou lewe toegebid word. Want, by jou rabbi is jou enigste doelstelling om so naby aan hom te leef sodat jy eendag net soos hy kan wees. Hy leer sy teologie vir jou sodat jy in jou lewenswandel soos hy kan dink en doen en sy teologie uitleef as jou teologie. Jy leef en loop dus so naby aan hom, ‘dat die stof van sy skoene op jou klere agterbly.’
View original post 391 more words