Archive | Mei 2017

Moses kyk net na die beloofde land!

Terug van Petra kry ons middagete op die bus en nou is ons oppad na Amman.  Ons stop eers by Mount Nebo waar God vir Moses die beloofde land gewys het voor hy dood is en waar hy nie kon ingaan nie.

IMG_4695IMG_4696

Dit voel soms of ons honderde kilometers gery het maar dan kom ons agter die vorige stad is net om die draai.  Ons is 3 dae gelede weg uit Jerusalem en soos die kraai vlieg is dit maar 46km.

IMG_4712IMG_4700IMG_4701IMG_4702IMG_4703IMG_4711

Moses se uitsig oor die beloofde land:

IMG_4717IMG_4714IMG_4710IMG_4709IMG_4708IMG_4719

Die ander kant van die muntstuk

U genade is genoeg! Dankie Toortsie

toortsie.com

Ek lees baie keer raak dat iemand vir God kwalik neem of selfs nie in God glo nie oor onreg wat gebeur of oor siekte wat hul nie kan verstaan nie of watter ander rede ook al. Ek respekter daardie gevoel as ek dit raaklees en het ook maar gewoonlik nie ‘n antwoord daarop nie. Wie is ek nou om hulle te probeer oortuig om anders te dink? Ons omstandighede is mos verskillend, ons geaardhede is verskillend.

Toe gee God my op ‘n besonderse wyse hierdie e-boek in die hand:


Ek kan soms nie anders as om te glimlag vir die manier wat God soms met iets vorendag kom nie, soos hoe ‘toevallig’ ek hierdie boekie raakgeloop het nie!

God demonstrates His grace to us every moment of our lives. EVERY blessing we receive comes to us because of the grace of God. Every breath we take, every moment we…

View original post 188 more words

The Shack

Wie van julle het hierdie boek gelees of die rolprent gaan kyk?  Dit is ‘n baie kontroversiele sakie hoofsaaklik omdat God uitgebeeld word as ‘n swart vrou.

.facebook_1495706953965

Maar ek het die boek geniet en was mal oor die rolprent.  Sonder om die verhaal weg te gee wil ek net sê dit gaan oor ‘n man wat as kind mishandel was deur sy pa en dus was ‘n vaderfiguur vir hom geen simbool van liefde en veiligheid nie.  Daar was wel ‘n swart vrou in sy kinderjare wat vir hom goed was en dit was dus baie makliker vir hom om hom te vereenselwig met die moederfiguur.

My kinders se biologiese vader was ‘n psigopatiese alkoholis so vir my dogter was dit heeltemal verstaanbaar dat die vaderfiguur nie altyd die beskermer is nie. Inteendeel!

Ek het lekker getjank, skoon hoofpyn gehad daarna.

Dankie Louise vir jou fotos!

.facebook_1495706978708

Petra – die pienk stad van marmer – 2

Ons gaan 13km loop af in die kloof na die versteekte pienk marmerstad toe en terug en gaan stokflou en natgesweet wees en dan moet ons nog vanaand 12 ure vlieg Suid Afrika toe.

As die pad te lank word kan jy vir 30 dollar (meer as R300) ‘n donkie of perdekar huur en kameel ry.

Die moeilikste van hierdie ervaring is om dit te probeer weergee met ‘n foto, dis onmoontlik!

IMG_4530IMG_4532IMG_4537IMG_4549IMG_4556IMG_4559IMG_4563IMG_4570IMG_4578IMG_4580IMG_4581IMG_4586IMG_4589IMG_4590

Mens loop nog in die kloof en dan ewe skielik is hierdie enorme paleis voor jou. 39.5m

IMG_4598IMG_4599IMG_4600IMG_4602IMG_4605IMG_4606

Sy verkoop poskaarte en alhoewel die gids ons gevra het om nie by die kinders te koop nie (anders wil hulle nie skoolgaan nie) kon ons daai gesiggie nie weerstaan nie.

IMG_4615.JPG

Hulle karring aan mens om te koop en my verskoning van “no cash, only credit card” het nie gehelp nie hulle het ‘n kaartmasjien, hehehehe.

So 600 trappe op is ‘n klooster.

 IMG_4638.JPG

Hier woon nog so 16 gesinne.

 

Ek was bietjie versigtig om by ‘n ‘Tomb shop” roomys te koop.

IMG_4669IMG_4673

Christenhuwelike

Hierdie is waar woorde en daar moet aan alle huwelike gewerk word.

toortsie.com

Word Christenhuwelike bedreig? Of is Christenhuwelike ‘n bedreiging vir Satan?

Ek dink beide!

Ek is tans besig met 31 Days of praying for your pastor’s wife van Revive our Hearts deur Nancy leigh De Moss.

Day 9
Pray that God will build a hedge of protection around her marriage, and that she and her husband will be aware of the potential of any improper relationships.
Pray that their family time will be protected.
Matt 19:6; Prov 31:11a; 2 Kor 10:4-5

Satan doen alles in sy vermoë om Christenhuwelike te kelder. Hy weet dat God die huwelik en die gesin geskep het as die basis, die beginpunt van alles en dat die gesin die sterkste band is wat daar is. As hy gesinne kan opbreek, wen hy groot in die afbreek van die Koninkryk. Daardeur skep hy onsekerheid wat maak dat mense op ander dinge as God fokus en in die…

View original post 473 more words