Die besoek aan Yad Vashem is baie emosioneel en ontstellend en eintlik moet mens meer tyd hê en alleen wees as jy kyk en luister. Dis ‘n gedenkmuseum vir die 6 miljoen Jode wat deur Hitler doodgemaak is vanaf 1933 en vier en ‘n half jaar geduur het; en hulle enigste misdaad was dat hulle Jode is.
Die naam Yad Vashem is geneem uit Jes. 56:5 “Ek sal aan hulle in my huis en binnekant my mure ’n gedenkteken en ‘n naam (Yad Vashem in Hebreeus) gee wat beter is as seuns en dogters; ‘n ewige naam gee Ek aan hulle wat nie uitgeroei sal word nie”. Die museum dra hulle wat nie nageslag het nie se naam voort.
Die museum bestaan uit 9 galerye en is gebou in 1953. Die uitstallings sluit in fotos, films, dokumente, briewe, kunswerke, en persoonlike items wat in die ghettos en strafkampe gekry is soos skoene, klere, dagboeke en speelgoed. Dit is die grootste versameling in die wêreld en bestaan uit 55 miljoen dokumente, 100 000 fotos.
Dis onbeskryflik hartseer om te dink hele gesinne is uit hulle huise gegryp en na gaskamers gestuur. Die films van die oorlewendes vertel van ouers wie se kinders van hulle af weggeskeur is en as hulle gevra om dit nie te doen nie slaan hulle die kind voor jou dood.
Die eerste saal is die Hall of Remembrance (Ohel Yizkor) met ‘n “memorial flame” met ‘n houer voor die vlam wat van die as van die slagoffers in het. Al wat verder in hierdie strak vertrek is, is die name van die 21 Nazi moord kampe in sentraal en Oos-Europa.
Die indrukwekkende kinderafdeling het miljoene liggies wat dag en nag flikker in ‘n donder galery ter nagedagtenis van die 1½ miljoen kinders wat vermoor is. Op die agtergrond is ‘n stem wat die name, ouderdom en plek sê van die kinders wat vermoor is.
(Foto geleen by http://yad-vashem.blogspot.co.za/2014_06_01_archive.html)
Die Hall of Names is ‘n gedenksaal vir die 6 miljoen Jode en bestaan uit twee kegels, 10m hoog en water onder in. Die fotos aan die bokant reflekteer in die water en herdenk die wie se name onbekend bly. Rondom is die miljoene dokumente wat al bymekaar gemaak is met oop spasies vir die inligting wat nog ontvang sal word.
Een van die hoofdoele van die museum is om die Nie-Jode te herdenk wat hulle lewens gewaag het om die Jode te red. Daar was vir hulle geen voordeel daarin nie, nie finansieël of Evangelies nie maar hulle het dit nogtans gedoen. Na baie deeglike studie is daar medaljes aan hulle uitgereik en is hulle name in die Garden of the Righteous Among the Nations geplaas. Sover is daar 24 300, waaronder Franciscus van Assisi, maar kan nog meer word soos inligting verkry word.
Die pilare is net half soos wat die kinders se lewens kortgeknip is.