Archive | Maart 2017

Die laaste maal in die bovertrek

Langs die bovertrek is Dawid se graf: ‘ n Leë kis wat Dawid se graf voorstel is ook te sien maar selfs die gids sê dit is nie baie waarskynlik dat hy wel hier begrawe is nie.

In die “ Upper Room”  of Bovertrek eet Jesus die Laaste Paasmaal saam met Sy dissipels en stel Hy die Nagmaal in.  Die Heilige Gees word ook op Pinksterdag hier uitgestort.

Jerusalem 9laaste maal 1laaste maal 2laaste maal 3laaste maal

Want vriendskap ‘KOSMOS’ niks!

Louise Kosmos 2

Louise is nou al my hartsvriendin vir +-32 jaar.  Ons vriendskap is deur baie beproewing deur dinge wat eintlik niks met ons twee te doen gehad het nie maar indirek ons vriendskap beïnvloed het.  Maar dankie Heer ons het eintlik sterker en ek wil amper sê gemakliker ander kant uitgekom. Ons kan mekaar vir maande nie sien nie, gaan koffie drink en  dan is ‘n twee ure sessie nie lank genoeg vir al die ‘praat’ nie.

Ons ken mekaar se kinders en weet waaroor om vir hulle te bid.  Ek kan met haar praat oor al die dinge waaroor ek nie met ander wil praat nie, want mense wat jou kinders nie ken nie sal dink hulle is baie ‘weird’ as jy oor iets wil praat, maar sy weet daar is ook die mooi en liefdevolle kant van daardie einste kind met die ‘weird’ manier.

Sy het my gehelp, van emosioneel tot ‘help my vlug’ uit ‘n baie onstuimige eerste huwelik van 19 jaar  tot dankie sê vir ‘n tweede gelukkige huwelik.

Sy was daar toe my ouers en ouboet oorlede is en was vir my liefste moedertjie so lief en goed soos ‘n dogter.

Waarom hierdie ode aan Louise?  Want ek gaan soms van haar fotos hier plaas en dis nie net sommer ‘n mooi foto nie, dit is ‘n wonderlike kind van die Here se hartsfotos.

Dankie Louise vir ALLES van die afgelope twee en dertig jaar. Jy ken my en weet ek is nie iemand wat heeldag vir jou mooi goed kan sê nie, maar WEET jy is spesiaal vir my!!!

Louise Kosmos 1

Louise Kosmos 3

Stad van Dawid

Vandag begin ons by die Stad van David.  Dawid bou die stad oos van Jerusalem toe hy koning word, op die Ophelberg by die Gihon fontein.

warrans shaft 1

By die hekke is harpe want Dawid was ‘n harpspeler. Die standbeeld is voor die Bovertrek.

Ruïnes van die paleis

City of Dawid 6

Warrens shaft;

In 1860 ontdek Charles Warren die tonnel wat bestaan uit 4 dele; die trappe tonnel, die horisontale kurwe tonnel, die vertikale en voedings tonnel.  Daar vermoed dat hierdie tonnel gebruik is reeds voor Dawid se Stad gebou is.

 

Hezekiel se tonnel:  Koning Jehiskia het die Gihon-fontein se uitloop toegestop en dit herlei deur ‘n tonnel 700vC.  Hierdie tonnel is van twee kante deur die berg gegrawe en hulle het mekaar presies op die regte plek in die middel ontmoet, en dit sonder al die moderne toerusting. Hulle het dit met inskripsies in die muur van die tonnel gevier.

Dit het uitgemond in die Poel van Siloam, ‘n opgaardam.  Gihon fontein was in die ou tyd die enigste varswaterbron in die omgewing.

Hierdie vyeboom wat ek by die poel van Siloam afgeneem het, het my aan die stukkie van Dr Izak Burger laat dink waar hy verduidelik van Jesus wat die vyeboom vervloek het en hoekom hy dit gedoen het en hier was dit ook nie vyetyd nie maar daar was wel najaarsvye aan die boom. Dit was baie spesiaal vir my en ek het dit met Liesel, ons toerleier en skoonsus Hettie gedeel.

 

Stad van vrede

Jerusalem word in die tyd van Abraham Salem of Vrede genoem. Die stad van Melgisedek, die hoëpriester van God.  In totaal is die stad omtrent 26 keer verwoes, en is dit ongelukkig menige Arabier se begeerte om Israel totaal van die kaart af te haal, maar die Here het hierdie land aan die Jode gegee en hulle kan daar niks aan doen nie.  Die eerste tempel is deur Salomo gebou en na hy verwoes is weer in Sagaria en Esra se tyd. Later in 20vC herbou en vergroot Herodus die tempel en word die westelike muur later die Klaagmuur. Later word die tempel deur die Romeine verwoes en staan lank verlate. In 638 word ‘n klein moskee opgerig en in 691nC word die Dome of the Rock daar opgerig.

Jerusalem by night 2Jerusalem by night 3Jerusalem by nightJerusalem by night 1Jerusalem 10Jerusalem 2uit ons hotelvenster Jerusalemuit ons hotelvenster JerusalemJerusalem10Jerusalem 4Jerusalem 3

Die Olyfberg lê oorkant die geblokkeerde Goue Poort waardeur die Jode glo die Messias gaan kom en daarom het hulle die Olyfberg gekies as begraafplaas sodat wanneer die Messias kom hulle die eerstes sal wees om Hom te volg.  Die Turke het in 1530 die poort toegebou.

IMG_3308

 

 

 

 

 

Jerusalem en Ou Stad fotos

Hierdie is die Church of Flagellation en die Condemnation Chapel waar Jesus gegesel en tot dood veroordeel is en vorm deel van die Lydensweg.

Die Via Dolorosastraat

 

Hierdie uitsig vanaf die Via Dolorosa kyk uit op die Olyfberg deur die ‘Lions gate’.

Via Dolorosa kyk uit op die Olyfberg deur die ‘Lions gate_.

Die Bad van Bethesda waar die Engel op bepaalde tye die water geroer het Joh 5:1-15, was ‘n reënwater reservoir vir ‘n publieke badplek.

Joodse kindertjies

Ou stad 15