Archive | April 2017

Onrus

Ek deel graag Toortsie se pos. Dis so waar!

toortsie.com

Saterdag het baie mense van ons land deelgeneem aan ‘n biddag vir ons land. Groot getalle mense het opgedaag by Bloemfontein, waar Angus Buchan die verrigtinge gelei het. Dit was egter nie al nie, orals in die land was daar gebedsbyeenkomste gehou, ook hier in die suide waar ek woon.

Die tema by ons gebedsgeleentheid was: ‘I’m no longer a slave of fear, I am a child of God.’ Ons sing uit ons hart uit, ons voel versterk. God is in beheer. Ek hoef nie bang te wees nie.

Gisteroggend kom die dringende versoek: Bid vir Lichtenburg. Gistermiddag laat, daar’s chaos in Coligni.

Ek besef skielik dat ek nog nie stiltetyd gehou het nie, my dag het anders verloop. In my bidboek bely ek dat dit so maklik is om saam te sing dat ek nie langer ‘n slaaf van vrees hoef te wees nie omdat ek Sy kind…

View original post 317 more words

Ons God is “awesome”!

Skuus vir die mense wat nie van tale meng hou nie maar die woord pas net vanoggend.  Ons dien ‘n wonderlike GOD wat selfs meer gee as wat ons dink of vra!

My kleindogter (kom ons noem haar M) wat eerstejaar op universiteit is het by welaf familie gaan loseer (op hulle aandrang) en die man het ook besluit (op sy eie) om by te dra tot haar boekgeld/sakgeld waarvoor ons baie dankbaar was.  Sy is ‘n stil, ernstige, liefdevolle kind wat baie beskermend grootgeword het. Eerstens het die man en sy vrou besluit om te skei en dis ‘n taamlike lelike egskeiding. Maar M was skaars daar of hy begin voorwaardes stel vir die boekgeld soos byvoorbeeld sekere ure afstaan aan sy besigheid.  Sy het geen probleem daarmee gehad nie maar toe het hy begin om haar naweke besig te hou sodat sy nie kon huistoe gaan nie, en hy was woedend ondat sy waag om die Aprilvakansie huistoe te gaan en nie te werk vir hom nie.  Nou verstaan mooi:  as my dogter en haar man gevra het vir hulp en hy het gesê ja maar sy sal dan so en so werk kon hulle dit aanvaar of sê nee dankie ons sal self regkom, maar hy het vooraf gesê hy wil dit graag doen en het geen voorwaardes gestel nie.  Toe begin hy mislike goed doen. Sy maak self haar bed op en haar kamer is altyd netjies maar eendag moes sy al donkeroggend uit om ‘n bus by die universiteit te haal en was die bed net reggetrek en die deur toegemaak en hy het dadelik die huiswerker belet (waarvan hulle 2 het vir ‘n huishouding van 4 mense) om haar kamer aan die kant te maak, ens. WAT MAAK HY IN HAAR KAMER???  Daardie selfde oggend het sy gesukkel om haar kar uit die erf te kry want die vorige aand het sy vrou haar vasparkeer en omdat sy haar nie wou wakker maak nie het sy oor ‘n klein gedeelte van die gras gery met net een wiel.  Die merkie het in die dou gewys en hy het ‘n foto geneem en vir haar gestuur om te wys sy verniel sy gras.  Sy mag nie eers saam met ‘n vriendin gaan koffie drink op ‘n Saterdag nie want sy ‘kon by die kantoor gaan hoor het of daar iets is om te doen’.  Hy probeer haar in elke geselskap verkleineer en my hart breek vir die hartseer in haar blou oë! Hy maak haar sleg as lui en ondankbaar by die ander familie en by sy besigheid.

Ek gaan nie nou al die mislikheid hier ophaal nie dit onstel my net dat so uitgevrete lummel ‘n kind so kan viktimiseer.  Niks wat sy gedoen of gesê het was reg nie. Sy kom baie goed met sy vrou oor die weg en het daarom eers probeer uithou want die vrou trek een van die dae uit en wil graag hê sy moet saam met haar trek maar dit het nou te erg geword. Hy het ook Saterdag vir haar ‘n uiteensetting gestuur van soveel ure is soveel geld en alles wat jy minder werk word afgetrek van jou sakgeld. Hy manipuleer graag mense en hierdie was soos ‘n voëltjie in ‘n kou.  In plaas van ‘n sorgvrye student wees was sy permanent gestres en doodbang vir hom.  Wanneer hy by die huis is het sy nie eers uitgegaan om te gaan eet nie.

Dit het te veel geword vir ons en my dogter het Vrydag die hoof oor die koshuise gebel en die situasie verduidelik en dat ons asseblief dringend moet plek kry vir haar.  Sy het gesê M moet vanoggend by die kantoor wees met haar CV en sal op ‘n waglys geplaas word en as hulle plek kry sal my dogter eers ‘n deposito moet betaal.  Maar hoor net hoe “awesome” is ons GOD: toe sy vanoggend daar instap kan sy kies tussen die 2 beste dameskoshuise op die kampus, sy hoef nie eers haar CV vir hulle te gee nie en sy kan eers intrek dan kan my dogter die finansies met hulle reël!

Dankie dankie my Vader en my Heer!!!! Dankie Jesus en o Gees van God dat U in beheer is!

net my pappa              

Dis nie my woorde nie maar so mooi ek moet dit reblog (as Malmens nie omgee nie😀

malmens


ek onthou hoe ek daardie stil aand onthou het wat emosies moet beteken wanneer iemand jou alles was, en eintlik nog is.
ek onthou dat ek sonder moeite kon huil, nie oor die feit dat hy nou weg is nie , maar oor die feit dat die leemte nooit gevul kan word nie. ek onthou die seer wat trane plant en die herineringe wat siel-verlangend oor die gang se koue vloer rol.
verlange vreet my op en ek besef my pa is in die werklikheid net ‘n oproep vêr. van voor af bewaar en koester ek die dankbaarheid vir n pa; ‘n pa soos myne.
met boerskoene ‘n kort denimbroek wat al amper-wit verbleik is van harde werk en ‘n boertjie-hemp, khaki en vuilgroen soos ek dit ken, verlang ek na die pappa-soen van vrydagmiddag, die growwe gesig en die strelende blou oë, die oogknip in stiltes en die sterk…

View original post 622 more words

Masada

Oppad na die Dooie See is ons baie opgewonde en besoek interessante plekke langs die pad.

Ahava 2

Ons besoek Ahava, wonderlike skoonheidsprodukte wat van die Dooie See minerale gemaak word, maar baie duur.Ons besoek Ahava, wonderlike skoonheidsprodukte wat van die Dooie See minerale gemaak word, maar baie duur.

AhavaAhava 1Wow nou Masada

Masada

Ons is met ‘n kabelkar teen die berg op na Masada.  Die Masada geskiedenis is baie interessant.  Die stad is geleë op ‘n baie hoë rots (berg) op die rand van die Judean woestyn en die Dooie See vallei.  Dit is 50m bo seevlak en het diep klowe rondom.

Masada 1Masada 2Masada 3Masada 4Masada 5Masada 6Masada 7Masada 16

Die enigste toegange tot bo was baie moeilik en het dit die ideale ‘wegkruipplek’ gemaak. In 40 nC vlug Herodus en sy familie soontoe en hy bou later ‘n volledige selfonderhoudende stad met ‘n watersisteem wat mens se asem wegslaan.  Ongelooflik om te sien hoe het hy water bo-op ‘n berg gekry terwyl hy omring is van woestyn.  Hoofsaaklik het dit bestaan uit waterleidings wat gedurende skaars winterstorms water opvang wat oor die klowe stort en dit kan herlei om klomp damme vol te maak wat die een in die ander een loop wat dan uiteindelik 40 000 kubieke meter water gehou het.  Sy grootste twee vrese was Joodse opstand of erger nog dat Cleopatra van Egipte sy beheer sal oorvat. Hy het ‘n drieverdieping paleis met marmer mure, huise , stalle, ‘n duiweboerdery, tuine en nog baie meer daar gebou maar nooit werklik daar gaan bly nie. Die badhuis het ‘n baie doeltreffend warmwaterstelsel gehad. Daar was ook ‘n Sinagoge vir Herodes se Joodse familie.

Hulle het ook die oulikste blyplek vir hulle posduiwe gehad:

Masada 15Masada 14Masada 13

Menahem ben Judah een van die Joodse leiers van die groep ” Sicarii” (dolk)  (wat ook geglo het hy is die Messias en Romeinse soldate uitgewis het wat teen Jerusalem was),  val Masada aan toe die oorlog uitbreek en van hulle gaan woon daar.

In 70nC het Menahem ben Judah en sy volgelinge in opstand gekom maar hy is vermoor.  Sy neef Eleazar ben Yair  het hom opgevolg nadat die Romeinse regering Jerusalem heeltemal tot ‘n val gebring het en hy het met ‘n klomp mense Masada to gevlug.  Van die Jode wat nie gevange geneem is nie het by hom aangesluit.  Die Romeine het besluit om hulle daar teen hulle te gaan veg omdat dit die enigste Joodse teenstand was wat oorgebly het.

In 72nC gaan die Romeinse goewerneur Flavies Silva met sy troepe en derduisende Joodse gevangenes, omtrent 15 000 mense.  Hulle het 8 kampe opgerig rondom Masada met ‘n hoë muur sodat die Jode nie ontsnap nie.  Toe begin hulle ‘n enorme oprit (ramp) bou met al hierdie duisende Joodse gevangenes. Dit het 9 maande geneem.  Toe skuif hulle hierdie ‘ramp’ teen die berg en breek die mure.  Die Jode in Masada het die muur dadelik herstel soos hulle hom breek.  Uiteindelik het hulle die muur met vuur verwoes en besluit om die volgende oggend in die fort te gaan.

Daardie nag het Eleazar ben Yair sy mense oorreed om eerder selfmoord te pleeg as om in die hande van die Romeine te val.  Hulle het hulle persoonlike besittings verbrand en lootjies getrek om te bepaal watter 10 mense gaan die ander doodmaak en daarna het hulle hulself om die lewe gebring.  Die klippe waarop die soldate se name geskryf was vir die lootjies  is daar gevind.

Masada 11

Die volgende oggend het die Romeine net dooie liggame gekry.  Twee vroue en 5 kinders het in ‘n grot weggekruip en die selfmoord oorleef.  Hulle het oorgegee aan die Romeine en later die besonderhede vertel aan Josephus, ‘n geskiedskrywer.  Met uitgrawings is daar bewyse gekry dat Masada gebruik is nog voor Herodus en honderde jare voor Christus.

The folded napkin

Hoe waar hierdie is kan ek nie sê nie, daar is argumente daarvoor en daarteen, maar dit bly vir my ‘n pragtige storie!

 

Poem by Tamara Hillman

Why did Jesus fold the linen burial cloth after His resurrection?
I never noticed this….

The Gospel of John (20:7) tells us that the napkin, which was placed over the face of Jesus, was not just thrown aside like the grave clothes.

The Bible takes an entire verse to tell us that the napkin was neatly folded, and was placed at the head of that stony coffin.

Early Sunday morning, while it was still dark, Mary Magdalene came to the tomb and found that the stone had been rolled away from the entrance.

She ran and found Simon Peter and the other disciple, the one whom Jesus loved. She said, ‘They have taken the Lord’s body out of the tomb, and I don’t know where they have put him!’

Peter and the other disciple ran to the tomb to see. The other disciple out ran Peter and got there first. He stopped and looked in and saw the linen cloth lying there, but he didn’t go in.

Then Simon Peter arrived and went inside. He also noticed the linen wrappings lying there, while the cloth that had covered Jesus’ head was folded up and lying to the side.

Was that important? Absolutely!
Is it really significant? Yes!

In order to understand the significance of the folded napkin, you have to understand a little bit about Hebrew tradition of that day.
The folded napkin had to do with the Master and Servant, and every
Jewish boy knew this tradition.

When the servant set the dinner table for the master, he made sure that it was exactly the way the master wanted it.

The table was furnished perfectly, and then the servant would wait, just out of sight, until the master had finished eating, and the servant would not dare touch that table, until the master was finished..

Now if the master were done eating, he would rise from the table, wipe his fingers, his mouth, and clean his beard, and would wad up that napkin and toss it onto the table.

The servant would then know to clear the table. For in those days, the wadded napkin meant, “I’m finished..”

But if the master got up from the table, and folded his napkin, and laid it beside his plate, the servant would not dare touch the table, because………..

The folded napkin meant,

“I’m coming back!”

http://www.fathershands.com/folded-napkin/

The Folded Napkin

Now the Jews had a tradition
It sent a message to the slave
A wadded napkin the transition
Of dining cleanup master gave

But when a folded cloth is found
A slave will watch but out of sight
Because his reason to come ‘round
Has been relieved of him this night

The risen Jesus left a trace
His garments scattered on the floor
The folded napkin from His face
In itself meant something more

The loyal servant so it seems
Retains composure without lack
Aware the folded napkin means
“Be not concerned, I’m coming back”

John 20:6-7

https://allpoetry.com/poem/12249332-The-Folded-Napkin-by-Earl-W.-Haskins

 

My hart is seer – totsiens Jerusalem tot volgende keer.

3 Oktober 2013

Vandag verlaat ons  Jerusalem en ek is vreemd hartseer.  Almal op die bus is baie stil en besig met hulle eie gedagtes.  Ek dink ek was nie die enigste een wat Jerusalem onttrekking gehad het nie.

quamram 1quamram 2quamram 5quamram 6

Die Qumran rolle word ook die Dooie See rolle genoem.  Die rolle is ‘n literêre vonds wat kort na Jesus se geboorte weggesteek is.  Die plek is noordwes van die Dooie See en so 15km suid van Jerigo. ‘n Bedouin skaapwagter genaamd Mohammed Ahmed el-Hamad het die rolle gevind in 1947 in ‘n poging of een van sy diere uit ‘n grot te dryf.  Hy het ‘n klip ingegooi en iets hoor breek.  Hy het ingegaan en 7 kleipotte gekry met rolle wat vir 2000 jaar in linne toegedraai was.  Uiteindelik is stukkies van omtrent 850 boekrolle in die verskillende grotte gevind.  Net ‘n paar was ongeskonde waarvan een 8m lank was.  Die meeste was in Hebreeus geskryf, ‘n paar in Aramees en ‘n paar in Grieks, die meeste op perkament en ‘n paar op papirus.  Die droë warm woestyn klimaat het hulle bewaar.   Wonderbaarlik bevat die rolle gedeeltes van al die boeke in die Ou Testament behalwe Ester en bevestig net weereens die akkuraatheid van latere manuskripte.  Van die rolle het ook insig gegee in die eerste Joodse Christelike gemeenskappe.  Wie het die rolle weggesteek???

Na baie warm debatte word daar aanvaar dat die rolle weggesteek is deur die Essenes.  Hulle het ‘n baie streng leefstyl gevolg en die Joodse Wet in skofte bestudeer.  Die Romeinse staatsman Pliny het hulle bewonder en gesê:  “They are unique and admirable beyond all other peoples in that they have no women, no sexual desire, no money, and only palm trees for company. Owing to the influx of newcomers, they are daily reborn in equal numbers.”

Hulle het geglo die einde van die wêreld was naby en het nooit getrou nie want hulle wou rein wees as die Messias kom.  Die Romeine het hulle uit hulle toevlugsoord gedryf in 68nC en hulle het die rolle weggesteek.  Bewyse van hulle leefstyl is oral te vind.  Die meeste rolle word bewaar in Jerusalem en sommige in Jordanië en Europa.

quamram 23quamram 4

quamram 20quamram 19quamram 10quamram 16quamram 15quamram 14quamram 7quamram 11quamram 12

quamram 18

Die grotte waarin die rolle gekry is

quamram 17quamram 13quamram 8quamram 9

Tristram’s Grackle

Hierdie swart voeltjie kom net by die Dooie See area voor en ons het hulle al by Quamran  begin opmerk.  By Masada was daar baie. quamram 3

Gee onvoorwaardelik

Ek loop nou al ‘n week rond met woede en hartseer gevoelens.  Normaalweg is ek eintlik naïef, goedgelowig en ‘n regte ou vervelige ‘people pleaser’ wat selde buierig is maar nou is ek baie kwaad en teleurgesteld. Huil dae lank!

Ek gaan nie name en verwantskappe noem nie maar A het AANGEBIED om vir B te help met boekgeld op universiteit.  Nou begin A met allerhande voorwaardes en eise wat nie deel van die ooreenkoms was nie en omdat B nie voldoen aan die verwagting (wat heeltemal te veel gevra is) van B nie maak A of B ‘n ondankbare wese met ‘n houding is.  (Ek het myself nou deurmekaar gepraat).

Hoekom probeer om goeie dade te doen as jy dan met (soos liefste Tash dit stel) kom met ‘omdat ek dit doen verwag ek jy moet dit doen’ motief nadat hulle eers al die eer gekry het van sy goeie hart en behulpsaamheid.

Maar (ook Tash se woorde)  “Ons Vader se soort liefde waarmee ons moet gee is sonder om iets terug te verwag, onvoorwaardelik! Maar ons as mense sal seker nooit presies die soort van gee/liefde verstaan nie.  As mens ‘n pad met die Here stap en Sy onvoorwaardelike liefde en genade ken dan hoop mens ander probeer ook leef daarvolgens en is dan teleurgesteld as hulle dit nie doen nie”.

Heer help my om hulle nie te oordeel nie maar eerder aan my eie onvoorwaardelike gee te werk.  Gee asseblief ‘n vreedsame oplossing!

Gee gratis