Archive | Maart 2018

Wie is die Patrick?

Ek wil dit graag deel want ek het dit nie geweet nie!

Die Lewegewer

Lank voor dat daar die St Patrick van die mite was, was daar die Patrick van die geskiedenis, maar wie is die Patrick?

Patrick is gebore in 385 in die Romeinse britannia in die hedendaagse dorp van Dumbarton, Skotland. Patrick begin sy outobiografie so:

My naam is Patrick. EK is ‘n sondaar, ‘n eenvoudige mens, en die minste van al die gelowiges. Ek is neergesien op deur baie. My pa was Calpornius. Hy was ‘n diaken; sy pa was Potitus, ‘n Priester, wat geleef het by Bannavem Taburniae. Sy tuis dorp was daar naby gewees, en dit is waar ek gevange geneem was op die ouderdom van sestien.

Patrick spring oor baie van sy eerste sestien jaar, maar wie kan hom blameer? Op sestien ontvoer deur barbaarse Ierse Seerowers is ‘n baie opwindende plek om ‘n storie te begin. Die Seerowers het toe vir Patrick 200 myl na die binneland…

View original post 681 more words

Toe ek nog ‘n kind was…

Miya jy skryf so oulik ek moet dit deel!

Miya-se-Babbel-Bek-Blog

Picture1

‘n Foto van my, toe ses jaar oud, geneem in die Karoo saam met ‘n donkie.

____________________________________________________________________________________________

“Toe ek nog ‘n kind was…”  Woorde wat elke kind van my generasie daagliks by grootmense hoor.  Ouma vertel my hoe sy as jong vrou vir slegs twee rand ‘n hele trollie vol kruideniersware kon koop.  Mamma sê sy mis die dae toe haar enigste bekkomernis was dat haar Oupa, Blommetjie die koei, se melk direk in haar mond moes spuit en asseblief tog net haar oë moes mis.  Pappa sê dat hy biblioteek toe moes ry met sy fiets om vir ‘n taak inligting te versamel uit boeke, en dat Google toe nog nie eers bestaan het nie.

Al het ek nie daardie tye eerstehands beleef nie, mis ek dit.  Ek was nie daar nie, maar vreemd genoeg soek ek dit terug.  Die goeie ou dae…  Vandag se dae is nie SLEG…

View original post 387 more words