About

Ek is 58, ek glo in die Drie-enige God  en is baie lief vir my geloof en Jesus.  Ek is geseën met die beste man in die wêreld (na ‘n woeste eerste huwelik) en is lief vir ons kinders en kleinkinders. Ek is moontlik baie naïef maar droom nog steeds oor alles wat ek wil doen. Reis en skryf is my twee grootste drome op die stadium.  As dit nie vir beperkte finansies was nie het ek seker die wêreld vol gereis. Maar ek het besluit dis nou tyd om iets aan die skryfdroom te doen. Miskien sal iets van my ervarings en drome vir iemand iets beteken.