Ons was verlig om die lughawe betyds te bereik maar ook baie bang ons bagasie is te swaar. Ons was so 4kg elk oorgewig maar is deurgelaat – dankie Liewe Jesus!!!! Ons het na die badkamers toe gestorm en van kop tot tone gewas na al die stappery en ons was nou gereed vir die 12 ure vlug huis toe. Ons vlug vanaf Jordanië na Egipte is vertraag met ‘n uur en toe ons in Egipte aankom moes ons hardloop van die een kant van die lughawe tot die ander kant om betyds ons Egipte vlug te vang.
Daar is ‘n gesegde in Israel – “sien jou volgende jaar in Jerusalem!”. Dit hoef nie volgende jaar te wees nie Heer maar mag ek groot asseblief weer gaan?”
Baie dankie vir almal wat my Israel toer saam met my beleef het, ek waardeer dit verskriklik baie!