Archive | Oktober 2017

Woestyn en koeltebome .

Dis so in die kol

YAHWEH-NISSI

🖌 Annes Nel 🖌 | Ousus

My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom.
🥀Jak 1:2🥀

Die Arabiere, Egiptenaars en Namibiërs het een ding in gemeen. Hulle kén die woestyne! Dis die plekke waar die son nooit ophou skyn nie. Dit verdor alles. Woestyne is nie eintlik bekend vir wonderlike bome en plantegroei nie. ‘n Arabiese gesegde lui so:

Aanhoudende sonskyn veroorsaak woestyne.

Dis waar.

Van die geloofslewe is dit ook waar. Die woestynmense van ons samelewing is maar droog. Dis diegene wat net sonskyn in hulle lewe ken. Daar is min groei.

“Beproewing,” sê Jakobus, “moet ‘n mens bly maak, want dit bring groei.
Waar dit groei, is daar koelte vir mense. Ek vind dit moeilik by mense wat nét sonskyn ken. Daar is dikwels geen koelteplekke by hulle nie. Ek voel tuis by mense wat deur swaarkry koelteplekke vir ander ontwikkel het. Hulle…

View original post 112 more words

Memorium

Dis so mooi en waar

Slaai Sonder Blare

Ek het hom nie geken nie, tog het sy lewe my eie beïnvloed. Ek het hom nooit hoor lag en gesels nie, tog was sy stem ‘n klankgolf in my middeloor. Ek kan nie met eerlikheid getuig van sy vernuf met ‘n braaitang, sy vermoë as ‘n Oupa of sy geduld agter ‘n minibussie op die snelweg nie, maar die energie van sy bestaan het die wêreld ‘n beter plek gemaak.

Miskien het hy Saterdae vir die Bokke geskree. Die moontlikheid van ‘n voorliefde vir biltong is groot. Dalk het hy soms bruin skoene saam met ‘n swart belt aangetrek. Dalk was daar ‘n gaatjie in sy t-hemp. Dalk het hy nie die toiletsitplek laat sak, die handoek van die vloer af opgetel of sy koffiebeker kombuis toe gevat nie. Dalk het hy gesnork. Bier drink? Camel rook? Lelik praat? Ek weet nie. Miskien. Soms. Maak nie regtig ‘n verskil nie.

View original post 251 more words

Oorlewing!

Alhoewel ek die eier lê stories gate uit geniet kon ek die afgelope tyd nie aan almal deelneem nie dit gaan bietjie dol en ook het ek gedink ek het nie regtig ‘n superpower nie.  Daarvoor is ek te alledaags en nie ‘n “fighter” nie.  Ek is nie uitermate kreatief of ‘n leidster, of hierdie interessante dinamiese mens nie.  Moet baie vir my kinders bid. Ek is maar net ek, doodgewoon en deur baie drama in my jonger lewe, en toe besef ek DIT is my superpower.  Ek is ‘n vredemaker en SURVIVOR met my GOD aan my sy!!!

43136-I-Am-A-Survior.jpg

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).