Archive | November 2017

Boer met jou vetplante.

Te oulik om nie te deel nie 😁

'n Skrywer se blok

Dit is nou al ‘n geruime tyd wat ek hierdie oulike manier met jul wil deel, maar ek moes eers ‘n klompie weke wag voordat ek genoeg stap vir stap foto’s kon kry. UIteindelik het die tyd aangebreek!

Ons almal se ma’s en ouma’s en vriendinne het al vir ons gesê dat om vetplante meer te maak so maklik soos een twee drie is. “Jy pluk net ‘n blaar af en steek hom in die grond.” is die raad wat ek meeste van die tyd gerky het. Dit is omtrent so maklik, maar as jy hier op Standerton bly sal jy weet dat die voëls hier byna enigiets sal eet en is dit dus nutteloos om te probeer om net die blaar in die grond te steek, want die volgende dag is dit moontlik uitgepluk of opgevreet. Toe gaan loer ek so bietjie op my heel gunsteling webtuiste genaamd Pinterest…

View original post 762 more words

Juffrou

Ons kort nog sulke juffrouens

Slaai Sonder Blare

Ek is ‘n juffrou. Nie ‘n neus-in-die-lug juffie nie, maar ‘n onder(stebo)wyser. Ek het ‘n wrede sin  vir humor en hoe langer die kinders in my Wiskunde klas worstel, hoe meer begin hulle my sarkasme, deurvleg met liefde vir skoolgee verstaan. Soms is ek moeg. So moeg dat ek gaap in die middel van my verduideliking oor integrale. Soms dwaal my gedagtes weg van my woorde. Dan onderbreek ek sommer my eie les oor ekwivalente breuke om die Graad 9’s in te lig dat my skoonma vandag verjaar en ek haar mis. Soms vergeet ek dat ek eintlik geduldig moet wees en dan uiter ek sommer ‘n amperse kraswoord as ek die derde keer moet herhaal “No, you don’t have to copy the question” of “Yes, it is the 8th of November today… for fudge’s sake” Dan begin ek maar weer proporsie verduidelik. Ek koop pizza. Regte pizza om hulle…

View original post 454 more words