Grootste begeerte
Die dag wanneer ek sien hoe my kinders ‘n lewende verhouding met die Here uitleef sal my lewe volmaak wees. Dit sal my grootste blydskap wees.
Nou al reeds probeer ek na die beste van my vermoë die fondasie van geloof vir hul lê. Ons bid elke oggend voor hul skool toe gaan, elke aand voor hul gaan slaap. Ons leer ‘Jesus liedjies’ en sing dit dan uit volle bors. Ek kom soms af op hul waar hul by hulself gesels met die Here of selfs sing. Nou die middag kry ek my oudste terwyl hy een van die liedjies sing wat ons die oggend in die kerk gesing het.
Kinders maak soos ons maak. Ons woorde en dade moet bymekaar pas. Anders gaan hul deurmekaar wees en sukkel wanneer die lewe druk. Hoeveel beter wil jy aan jou kinders gee as om hul te leer terugdruk in geloof wanneer…
View original post 70 more words