Archive | Junie 2018

Die liefde is vreesloos

Moes dit deel

YAHWEH-NISSI

Ware liefde het nie plek vir vrees nie; volwasse liefde dryf die vrees uit omdat vrees nog met straf behep is, wie aanhou vrees, het nog nie dié volwasse liefde bemeester nie. – 📖 1 Johannes 4:18 📖

Liefde het ons geleer, leer ons om te vertrou. En wanneer ons vertrou, vrees ons mos nie.
Want die positiewe krag van die liefde verdryf alle vrees.

As ek en jy dan nog soms bang is, behoort ons ons af te vra: “Ek wéét mos dat GOD my onvoorwaardelik liefhet en dat ek HOM daarom kan vertrou. Waarom vrees ek nog?”
Die antwoord hierop lê dikwels in ons eie menslike denke:

💭 Ons vertrou ons VADER nie 100% nie omdat ons soms vergeet hoe groot en magtig HY régtig is.

💭 Ons sukkel om te glo dat HY die beste vir ons wil hê omdat ons vergeet het hoe lief HY ons het.

View original post 110 more words