Archive | Januarie 2018

Hartafdrukke

‘n Vriendin wat binnekort ophou werk stuur hierdie vandag vir my.  Ek gaan haar baie mis en eintlik besef ek nou eers wat het sy vir my beteken en is ek spyt dat ons nie meer tyd saam deurgebring het nie.  Ek weet nie wie hierdie geskryf het nie maar ek moet dit deel:

My Vingerafdrukke!

Here, oral waar ek gaan laat ek vingerafdrukke na.

Op die hande wat ek aanraak, op borde, mure en boeke.

Daar is nie wegkomkans nie,

waar ek vat plaas ek ‘n teken van my identiteit.

“Help my Here, om vandag waar ek ookal gaan

hartafdrukke na te laat.

Hartafdrukke van regverdigheid en deernis,

van begrip en liefde,

van barmhartigheid en belangstelling.

Hartafdrukke van hartlike vriendelikheid en

van opregte betrokkenheid.

Mag my hart ‘n ander hart aanraak

en ‘n afdruk van u liefde laat.

“En as iemand sou sê:

“Jou aanraking het my vandag versterk”

laat hulle agterbly met die wete dat dit

U liefde was wat hul in my ervaar het.”

Foto: Louise Roets

.facebook_1495705332455

 

Die Arme Tandemuis

Mooiste tandemuisstorie ooit

Marida Steurer

Die Tandemuis is in ons huis al deur twee stelle melktande en is vinnig besig om die laaste stel melktande ook stuk-stuk te kom haal. Dit is nou behalwe as ons die baba boetie sou kry waarvoor die drie juffers so ernstig bid, maar wat ons eendag vir hulle sal verduidelik nie regtig meer moontlik is nie.

Ons huis se Tandemuis sal soos meeste ander tandemuise natuurlik boeke vol kan skryf oor sy wedervaringe. Een van die vroeë hoofstukke sal seker gewy word aan “Die Eerste Tand”. Dit is meestal so ʼn klein onderste voortandjie wat met groot opwinding (en dalk met ʼn briefie by) netjiese in ʼn skoen gesit word waar die muis dit duidelik sal kan sien. Die tand is gewoonlik mooi skoongewas en ʼn hele paar keer afgeneem voordat dit seremonieel in die skoen gesit is. Alhoewel die ouers die fanfare se ver moontlik probeer volhou, taan…

View original post 750 more words