Wat Is Anderkant Jou “Ja”?

YAHWEH-NISSI

Maria laat dit so maklik lyk. Die engel Gabriël sê vir haar dat sy geboorte gaan skenk aan die Seun van God, en sy reageer met ‘n onmiddellike oorgawe aan haar rol in God se plan. Wat het Maria gedink? Sy het geen versekering gehad dat alles goed gaan uitwerk nie. As ‘n maagd, wat verloof was, op die punt om te trou, het sy heel moontlik geweet hoe moeilik dit sou wees om geboorte te gee en Jesus groot te maak. Die enigste versekering wat sy gehad het, was God se Woord, en dit was vir haar genoeg om “ja” te sê.

In 1 Petrus 1 sê die apostel dat die egtheid van ons geloof na vore kom te midde van die moeilike omstandighede wat ons in die gesig staar. God vra dikwels dat ons Hom sal vertrou in die moeilike, ongemaklike en skynbaar onmoontlike tye. Hoe dikwels reageer…

View original post 237 more words

Skep ń atmosfeer vir presteer …

YAHWEH-NISSI

Hy het vir hom gesê: “Moenie bang wees nie, want my pa sal jou nie in die hande kry nie. Jy sal koning word oor Israel, en ek sal onder jou staan. Selfs my pa weet dat dit so is. (📖 1 Samuel 23:17 📖)

Die miljardêr-sakeman Charles Schwab het ń treffende aanhaling: “Ek moet nog die persoon ontmoet, ongeag sy status of die amp … wat nie beter werk gelewer en ń groter poging aangewend het om sukses te behaal nie as gevolg van ń gees van aanmoediging, in plaas van kritiek.” Ons weet almal dat ‘aanmoediging’ verloorders in wenners kan omskep. Ongelukkig is dit ook so dat mense mekaar so maklik afkraak en mekaar se vlammetjies eerder blus.

Dit kan ander negatief maak, onwaardig en minderwaardig laat voel en dikwels verby breekpunt bring. Dit is ń feit dat mense mekaar harder met die tong kan slaan as…

View original post 117 more words

Hierdie ouma se hart is baie dankbaar teenoor ons Hemelse Vader en baie trots.  My kleinseun is een van ‘n tweeling, so ernstig as wat hy is so joviaal en ekstrovert is sy sussie.  Van kleins af wou hy dokter word en het op laerskool al gesê hy gaan eendag ‘n brein oorplant. Daar was net geen Plan B nie.

Hy het op skool hard geleer maar het steeds nie keuring gekry om medies se studeer nie en hy het maar begin met sy BSc Chemiese studies.  Hanro het hard geleer, geen sosiale lewe gehad nie en ekstra klasse geneem en na die eerste ses maande weer aansoek gedoen vir medies keuring.

Net voor die universiteite gesluit het vir die Julie vakansie het die langverwagte en afgebidde (is daar so woord?) epos gekom wat hom inlig dat hy keuring het.  Ek hoef nie eers vir julle te probeer verduidelik hoe spesiaal dit is nie julle weet.

Dankie HEER!!!

Coco ek mis jou so!

Coco was my kleinste ooit babahondjie. Volgens die dame by wie ons haar gekry het ‘n Pekinese maar sy het beslis bietjie Yorkie in haar gehad. Ons bly in ‘n tuinwoonstel en het alreeds ons getroue ou Engelse bulhond saamgebring toe ons die huis verkoop het en dan het ons ook nog ‘n parmantige Pekinese reuntjie. Dus toe my man vir my ‘n foto stuur van ‘n babahondjie wou ek eers moedeloos raak maar sy was so oulik ek het dadelik verlief geraak. By die huis gekom het ek eers besef hoe klein hierdie dingetjie is.  Vir ‘n paar dae het dit goed gegaan maar toe word sy baie siek en het vinnig agteruit gegaan deur die naweek.  Die Maandag het die veearts vir haar medikasie gegee en gesê omdat sy so bitter klein is het haar bloedsuiker geval en haar magie spoel, haar tongetjie en tandvleisies was spierwit.  Ek moes saam met die medisyne ook heuning aan haar verhemelte smeer.  Ek het die medikasie gegee maar sy het al hoe swakker geword.  Die Dinsdag so 11uur het my man my by die werk gebel en gesê sy kan nie meer opstaan nie en val net neer as hy haar probeer regop sit en ons moet nou maar aanvaar sy gaan nie die dag maak nie.  Ek het sit en dink wat moet ek nou doen; by die werk bly en hoop ek hoef nie te sien hoe sy agteruitgaan nie of moet ek huistoe gaan en alles in my vermoë doen en kyk of ek haar nie kan red nie.

Intussen het ek baie raad gekry en “gegoogle” en het ‘n plan gehad. Ek het vir haar ‘n pasta wat hulle bloedsuiker optel (Nutristim) gekoop, dubbelroom gewone jogurt en ‘n poeier wat van biesmelk van koeie gemaak word.  Elke twee ure (in die aand het ek my wekker gestel vir elke 3 ure) het ek die pasta aangesmeer, die jogurt met die biesmelk en bietjie warm water gemeng en in haar keeltjie gespuit want sy kon nie meer self eet nie. Na ete is die “beanbag” warm gemaak en het sy geslapies en haar koppie is met olie gesalf en ek en my WhatsApp  groepies het gebid. Ek het haar saam gebring werk toe en vir 3 dae het sy net net vasgeklou aan die lewe. Teen die naweek het sy rondgeloop en op die gras in die sonnetjie rondgerol en toe het ek geweet sy gaan dit maak.

Vir twee weke was sy die grootste plesier vir my en Louis en het nie net geloop nie maar rondgehop in die huis. Sy het op my man se skoot geslaap wanneer sy moeg is en in die nag wou sy op my japon slaap. So klein as wat sy was het sy omtrent by die trappe afgerol en op die gras gaan bollie. Die Saterdag is ek na die werk se damesuitstappie in Johannesburg en teen halfdrie die middag bel my man en hy wat nooit huil nie snik; hy het per ongeluk op haar getrap, iets het gekraak en sy is dadelik dood nie eers ‘n geluidjie nie.  Ek was stukkend maar moes rustig bly ter wille van hom.  Ek kan voel die huil is nie uit nie en sit nog in my binneste .  Ek was nog nooit so lief vir ‘n hondjie soos hierdie dingetjie wat uit die kake van die dood gebid is nie, hoekom is sy dan tog dood??? Ek voel skuldig want daar is mense wie se kinders en ouers nie meer daar is nie en probeer nie huil nie maar ek mis haar so.

Nihan ouma se hart is so seer!

My ouma hart breek elke keer van voor af as ek hierdie fotos sien.

Maandag middag kry ek ‘n sms van my oudste seun uit Pretoria. Sy 5 jarige seuntjie wat saam met die ander ouma gaan kuier het op skoondogter se sussie se plot is deur hulle hond in die gesig gebyt. Die foto saam met dit laat my hart terselfdertyd gaan staan maar ook besef dit kon erger gewees het.

Maar Here ek bid dan elke dag spesiale engele om ons geliefdes en veral om ons wilde seuntjie…. maar dit is juis hoekom die skade so min is! Dankie Heer! U is getrou!

Ek besef dit kon erger wees want dis ‘n massiewe hond, kruising tussen wolfhond en pitbull en ek sê dankie maar ek huil oor my ou dingetjie se skok en seer en ouma is ver.

Tussen die hartseer deur moet ons giggel ook. My dogter en skoonseun vat vir hom eetgoed en vra hoekom het die hond jou gebyt, en hy antwoord “Hy was seker honger”. Toe hulle by die huis kom na die hospitaal gee hy hulle eie twee worsies een kyk en sê vir sy pa: “Vandag moet met Leila en Brutus net f@koff” Pa het maar hierdie keer nie geraas nie!

Pensioen tameletjies

Liewe blogvriende ek het so lanklaas self geskryf op my blog dat ek amper nie genoeg selfvertroue het om weer te begin nie, maar wees verseker ek het heerlik gelees en ge”reblog” aan julle s’n.

Na die lees van Una se blog oor die toemaak van haar winkel besef ek weereens dit help wanneer mens jou onsekerhede en bekommernisse op skrif sit.  Dit verminder die stres so effens en sit dinge in perspektief en die belangrikste van alles is die terugvoer vanaf die blogvriende, selfs al is dit nie met raat en daad nie is dit emosionele ondersteuning.

Vandat julle laas van my gehoor het, het daar baie dinge gebeur waaronder ook lekker dinge soos ‘n bootreis van 5 sae saam met my dogter (ek vertel later) maar ek dink dit wat die grootste impak op my lewe en toekoms het is die feit dat ek verlede jaar op 60 moes aftree by die firma waar ek werk op 30 September 2018.  Ek is nou 21 jaar hier en a.g.v. die feit dat die ekonomie so beroerd is het ons pensioene ook nie veel gegroei nie. Dus was daar geen manier dat ek kon aftree nie. Maar die Here was goed vir my! My bestuurder wat ek gehad het op daardie stadium sowel as ‘n bestuurder van ‘n klompie jare gelede (wat by ‘n nuwe afdeling is) het my albei ‘n kontrak aangebied.  Ek het dae en nagte omgeswoeg en het gebid vir wysheid om die regte besluit te neem – die vergoeding was omtrent dieselfde maar ek moes dink aan watter een van die 2 bestuurders in staat sal wees om die kontrak elke jaar te hernu tot 65.  Ek glo ek het die regte besluit geneem en het die werk wat ek toe al vir baie jare doen, gelos en na die vorige bestuurder in sy nuwe afdeling toe gegaan en nuwe werk geleer. In die begin het ek heeltyd gewonder of dit wys was om op my ouderdom al hierdie nuwe goed te gaan leer maar nou na 8 maande is ek rustig daaroor.

Die groot bekommernis nou is: wat is die regte ding om met die pensioengeld te doen?  Ek het dit nog nie laat uitbetaal nie aangesien ek nog nie weet wat om te doen nie.

Soms het ek slapelose nagte want die somme wil nie klop om af te tree selfs oor 4 jaar nie maar ek weet God is in beheer en Hy sal voorsien!

“May you be covered in the dust of your Rabbi”

Vlindersag

Ek het onlangs gehoor dat, in die Joodse geloof is dit ‘n baie groot lewensgebeurtenis as jy grootword om ‘n Rabbi  te word.  Sodra jy as kind toegewyd alles geleer het wat jy moet leer, word jy gekies om aan ‘n Rabbi toegesê te word, mits hulle kan sien dat jy werklik toegewyd is en kan redeneer soos ‘n ware Rabbi.  Dit is dus ‘n voorreg veral vir jou ouers as jy gekies word.  Dit is wanneer hierdie seënwens op jou lewe toegebid word.  Want, by jou rabbi is jou enigste doelstelling om so naby aan hom te leef sodat jy eendag net soos hy kan wees.  Hy leer sy teologie vir jou sodat jy in jou lewenswandel soos hy kan dink en doen en sy teologie uitleef as jou teologie.   Jy leef en loop dus so naby aan hom, ‘dat die stof van sy skoene op jou klere agterbly.’

View original post 391 more words