Argief

pa se brief aan sy dogter

My skoonseun het hierdie brief vir hulle dogter geskryf toe sy 16 word:

8 April 2014

My Kind

Vandag 16 jaar gelede het ek ‘n ook vir jou ‘n brief geskryf, dit was die dag voor jy gebore is.   Nou, 16 kort jaar, min hare, baie plooie, ronder kurwes en wie weet wat alles later word jy al 16!  Dit voel soos gister met baie vuil doeke tussenin.  Om jou tot hier te kon bring is vir ons ‘n voorreg, met die Vader se genade sal ons nog baie gelukkige jare saam hê. Maar laat my tot die punt kom. As jy verjaar moet daar mos ‘n geskenk wees.

Teen die tyd dat jy die brief lees gaan jy redelik uit jou vel wees. Dit mag ook wees dat jy nou al in iets vasgehardloop het of jou kop iewers gestamp het uit blote verwondering en ongeloof. Jy gaan moontlik nie nou alles inneem wat ek vir jou hier vaspen nie, lees dit maar later weer, die keer baie meer aandagtig. Ok, ok hou op rond trippel en lees vêrder.

Hierdie geskenk is vir jou, jou eie scooter! Jip, dit is jou wiele, PGO G-MaX 125, ‘n witte.  Dit is waar ek Sondag gaan “werk” het, ek het jou wiele gaan “test drive”.  Al die pad om jou scooter te gaan haal daar waar ons dit al vir meer as ‘n week bere.  Die res van die tyd het ek dit sommer hier onder jou neus in die garage weggesteek.

Jou ma het al lankal opgegee en gesê dit is reg as ons dit koop, jy het dit net nie geweet nie.  Dit was alles deel van die “scam”, mamma moes net dwars wees sodat jy die geskenk glad nie verwag nie.  Nou ja, hier is dit nou, jy droom nie, dit is jou eie scooter.

Saam met die scooter kom verantwoordelikheid.  Die verantwoordelikheid is nie net teenoor jouself nie maar ook teenoor die res van jou gesin, jou familie, vriende en ander pad gebruikers.  Wanneer jy op die scooter klim kan ons nie regtig meer iets vir jou doen nie, ons kan nog raad gee maar jy is dan op jou eie.  Ons is nie daar om te sien wat jy doen nie.  Ons kan net vir jou bid.  Hoe jy die scooter hanteer en hoe jy daarop reageer terwyl jy ry is jou verantwoordelikheid. Ons kan jou net riglyne gee, en ‘n paar reëls ook!

Die reëls en riglyne is daar vir jou en jou veiligheid. Kom elke reël getrou na, ons vertrou dit sal jou veilig hou. Op jou ouderdom is reëls redelik vir die voëls of so wil tieners glo maar, neem dit ter harte, lees dit gereeld en dink aan die toepassing daarvan.  Ek skryf dit omdat ek vir jou lief is en jou net die beste wil gee. Jy gaan dalk op tye met my verskil maar as jy die voorreg het om eendag vir jou kind ook so iets te doen dan lees jy eers weer wat ek vandag hier skryf, skielik sal dit vir jou baie meer sin maak.

Dit klink dalk nie altyd ernstig nie maar glo my elk een van die word ernstig bedoel:

Bid voor jy ry, nie uit gewoonte nie maar omdat jy elke woord bedoel.

Respekteer die scooter, dit is baie vinniger as jou fiets.

Moenie kyk hoe vinnig dit kan ry nie, ek het klaar! Dit ry 105km/h teen 8000 Rpm as daar 110 kg op die saal sit. Glo my en los dit daar. Moet dit ook nie probeer beat nie.

AGAT, dit staan vir: All Gear All Time. Die beskermende drag wat jy besit is dit wat jy sal aanhê voordat jy op die scooter klim; al is dit net om die hoek!

Die scooter het flikker ligte vir links en vir regs draai, gebruik dit. Die mense agter jou wil nie raai wat jy gaan doen nie.

Bly nederig as jy ry. Alles op die pad is groter as jy en die scooter saam.

Wees wakker as jy ry.  Daar is altyd iets wat jy gemis het.  Wees bewus van dit wat om jou gebeur.  Besluit voor die tyd wat gaan jy doen as iemand ‘n vreemde move maak.

Ry in jou baan, jy het net soveel reg soos enige ander pad gebruiker. Solank jy ‘n lisensie het en die scooter wettig is het jy en ander gebruikers dieselfde reg. Bly in jou baan.

Gebruik die ander baan om verby te gaan, jy gaan nooit in dieselfde baan verby nie.

Wees bedagsaam, jy is nie alleen op die pad nie.

Wees veilig en wees sigbaar.

Die scooter se gewig, saam met joune maak dat dit redelik momentum het. Moenie te laat begin spoed verminder nie. Die agterkant van alles op die pad is harder as jou neus en jou scooter se voorwiel.

Petrol is jou probleem!

Tot jy ‘n volwaardige lisensie het “lift” jy niks meer as jou skooltas nie.

Pille, drank en moegheid diskwalifiseer jou as bevoeg om te kan bestuur.

Teer is kliphard, so is pale, spoedwalle, rubber en enige iets wat stilstaan. Vermy onnodige kontak met die tipes van voorwerpe en oppervlakte, jy gaan elke “battle” die naaswenner wees.

Gebruik die spieëls, hulle is gemaak om agter jou te kan sien.  Ry waar jou brein jou 3 sekondes gelede wou neem, nie waarheen jou scooter jou vat nie.

Moenie “afshow” nie, dis nie die show werd nie.

As julle saam ry dan ry julle “staggered” een links voor en die ander regs agter.  Nooit langs mekaar nie, die een wil tog nie saam val as die ander dit verloor nie.

Stop strate is gemaak om by te STOP, wiele staan stil en voete op die grond.

Goeie oordeel kom as gevolg van ondervinding, ongelukkig kom ondervinding as gevolg van swak oordeel.

Jy begin met ‘n sak vol geluk en ‘n leë sak ondervinding. Sorg dat jy jou sak ondervinding vol kry voordat jou sak met geluk leeg is.

Ry stadig as dit reën, word eerder droog as gesond.

Vir elke keer as jy jou “stand” uitskop moet jy dit weer optel. Indien nie gaan jy “batman” op die eerste links draai.

Leer uit ander se foute, daar is nie tyd om hulle almal eers self te maak nie.

As jy twyfel ry stadiger, niemand het al ooit te stadig in iets vasgery nie.

Jou agterwiel is soos ‘n “fan” wat jou koel hou. Die oomblik as dit stilstaan terwyl die scooter beweeg, gaan jy begin sweet.

Scooter ry is nie gevaarlik nie, ongelukke is.

Die lekkerste scooter rit is die een waarvan jy kan wegstap, die “awesome” rit is die een waar jy die scooter weer na die tyd kan gebruik.

By ‘n gebrek aan gehoor gee aan reëls en riglyne sal ons jou met graagte weer op jou voete help; die scooter in die garage en jy weer op jou voete!

Ek is baie lief vir jou!

Pas jouself op.

Bid elke dag vir beskerming.

Dankie vir die mooi kind wat jy is.

Ek bid vir jou.

Liefde Pappa.

Ps 139 gesien deur die oë van ‘n 11 jarige

‘n Pragtige gedig deur Jessica (my suster se kleindogter toe sy 11 was).

Poem from Psalm 139

If I ride the wings of the morning

If I dwell by the furthest sea

Even there Your hand will guide me –

trough the deepest forest you’ll be.

You saw me before I was born

for me you wore a crown of thorn

This is only the start O’Lord

I give you thanks with my whole heart.

I love Thee and You love me.

Through the heaviest rain even there you’ll be

looking after me

Thank you for the sun and moon

For we know you are coming soon.

By Jessica Stark

Die pragtige foto is geneem deur my vriendin Louise Roets.

.facebook_1495705181709

 

Ons God is “awesome”!

Skuus vir die mense wat nie van tale meng hou nie maar die woord pas net vanoggend.  Ons dien ‘n wonderlike GOD wat selfs meer gee as wat ons dink of vra!

My kleindogter (kom ons noem haar M) wat eerstejaar op universiteit is het by welaf familie gaan loseer (op hulle aandrang) en die man het ook besluit (op sy eie) om by te dra tot haar boekgeld/sakgeld waarvoor ons baie dankbaar was.  Sy is ‘n stil, ernstige, liefdevolle kind wat baie beskermend grootgeword het. Eerstens het die man en sy vrou besluit om te skei en dis ‘n taamlike lelike egskeiding. Maar M was skaars daar of hy begin voorwaardes stel vir die boekgeld soos byvoorbeeld sekere ure afstaan aan sy besigheid.  Sy het geen probleem daarmee gehad nie maar toe het hy begin om haar naweke besig te hou sodat sy nie kon huistoe gaan nie, en hy was woedend ondat sy waag om die Aprilvakansie huistoe te gaan en nie te werk vir hom nie.  Nou verstaan mooi:  as my dogter en haar man gevra het vir hulp en hy het gesê ja maar sy sal dan so en so werk kon hulle dit aanvaar of sê nee dankie ons sal self regkom, maar hy het vooraf gesê hy wil dit graag doen en het geen voorwaardes gestel nie.  Toe begin hy mislike goed doen. Sy maak self haar bed op en haar kamer is altyd netjies maar eendag moes sy al donkeroggend uit om ‘n bus by die universiteit te haal en was die bed net reggetrek en die deur toegemaak en hy het dadelik die huiswerker belet (waarvan hulle 2 het vir ‘n huishouding van 4 mense) om haar kamer aan die kant te maak, ens. WAT MAAK HY IN HAAR KAMER???  Daardie selfde oggend het sy gesukkel om haar kar uit die erf te kry want die vorige aand het sy vrou haar vasparkeer en omdat sy haar nie wou wakker maak nie het sy oor ‘n klein gedeelte van die gras gery met net een wiel.  Die merkie het in die dou gewys en hy het ‘n foto geneem en vir haar gestuur om te wys sy verniel sy gras.  Sy mag nie eers saam met ‘n vriendin gaan koffie drink op ‘n Saterdag nie want sy ‘kon by die kantoor gaan hoor het of daar iets is om te doen’.  Hy probeer haar in elke geselskap verkleineer en my hart breek vir die hartseer in haar blou oë! Hy maak haar sleg as lui en ondankbaar by die ander familie en by sy besigheid.

Ek gaan nie nou al die mislikheid hier ophaal nie dit onstel my net dat so uitgevrete lummel ‘n kind so kan viktimiseer.  Niks wat sy gedoen of gesê het was reg nie. Sy kom baie goed met sy vrou oor die weg en het daarom eers probeer uithou want die vrou trek een van die dae uit en wil graag hê sy moet saam met haar trek maar dit het nou te erg geword. Hy het ook Saterdag vir haar ‘n uiteensetting gestuur van soveel ure is soveel geld en alles wat jy minder werk word afgetrek van jou sakgeld. Hy manipuleer graag mense en hierdie was soos ‘n voëltjie in ‘n kou.  In plaas van ‘n sorgvrye student wees was sy permanent gestres en doodbang vir hom.  Wanneer hy by die huis is het sy nie eers uitgegaan om te gaan eet nie.

Dit het te veel geword vir ons en my dogter het Vrydag die hoof oor die koshuise gebel en die situasie verduidelik en dat ons asseblief dringend moet plek kry vir haar.  Sy het gesê M moet vanoggend by die kantoor wees met haar CV en sal op ‘n waglys geplaas word en as hulle plek kry sal my dogter eers ‘n deposito moet betaal.  Maar hoor net hoe “awesome” is ons GOD: toe sy vanoggend daar instap kan sy kies tussen die 2 beste dameskoshuise op die kampus, sy hoef nie eers haar CV vir hulle te gee nie en sy kan eers intrek dan kan my dogter die finansies met hulle reël!

Dankie dankie my Vader en my Heer!!!! Dankie Jesus en o Gees van God dat U in beheer is!