Coco ek mis jou so!

Coco was my kleinste ooit babahondjie. Volgens die dame by wie ons haar gekry het ‘n Pekinese maar sy het beslis bietjie Yorkie in haar gehad. Ons bly in ‘n tuinwoonstel en het alreeds ons getroue ou Engelse bulhond saamgebring toe ons die huis verkoop het en dan het ons ook nog ‘n parmantige Pekinese reuntjie. Dus toe my man vir my ‘n foto stuur van ‘n babahondjie wou ek eers moedeloos raak maar sy was so oulik ek het dadelik verlief geraak. By die huis gekom het ek eers besef hoe klein hierdie dingetjie is.  Vir ‘n paar dae het dit goed gegaan maar toe word sy baie siek en het vinnig agteruit gegaan deur die naweek.  Die Maandag het die veearts vir haar medikasie gegee en gesê omdat sy so bitter klein is het haar bloedsuiker geval en haar magie spoel, haar tongetjie en tandvleisies was spierwit.  Ek moes saam met die medisyne ook heuning aan haar verhemelte smeer.  Ek het die medikasie gegee maar sy het al hoe swakker geword.  Die Dinsdag so 11uur het my man my by die werk gebel en gesê sy kan nie meer opstaan nie en val net neer as hy haar probeer regop sit en ons moet nou maar aanvaar sy gaan nie die dag maak nie.  Ek het sit en dink wat moet ek nou doen; by die werk bly en hoop ek hoef nie te sien hoe sy agteruitgaan nie of moet ek huistoe gaan en alles in my vermoë doen en kyk of ek haar nie kan red nie.

Intussen het ek baie raad gekry en “gegoogle” en het ‘n plan gehad. Ek het vir haar ‘n pasta wat hulle bloedsuiker optel (Nutristim) gekoop, dubbelroom gewone jogurt en ‘n poeier wat van biesmelk van koeie gemaak word.  Elke twee ure (in die aand het ek my wekker gestel vir elke 3 ure) het ek die pasta aangesmeer, die jogurt met die biesmelk en bietjie warm water gemeng en in haar keeltjie gespuit want sy kon nie meer self eet nie. Na ete is die “beanbag” warm gemaak en het sy geslapies en haar koppie is met olie gesalf en ek en my WhatsApp  groepies het gebid. Ek het haar saam gebring werk toe en vir 3 dae het sy net net vasgeklou aan die lewe. Teen die naweek het sy rondgeloop en op die gras in die sonnetjie rondgerol en toe het ek geweet sy gaan dit maak.

Vir twee weke was sy die grootste plesier vir my en Louis en het nie net geloop nie maar rondgehop in die huis. Sy het op my man se skoot geslaap wanneer sy moeg is en in die nag wou sy op my japon slaap. So klein as wat sy was het sy omtrent by die trappe afgerol en op die gras gaan bollie. Die Saterdag is ek na die werk se damesuitstappie in Johannesburg en teen halfdrie die middag bel my man en hy wat nooit huil nie snik; hy het per ongeluk op haar getrap, iets het gekraak en sy is dadelik dood nie eers ‘n geluidjie nie.  Ek was stukkend maar moes rustig bly ter wille van hom.  Ek kan voel die huil is nie uit nie en sit nog in my binneste .  Ek was nog nooit so lief vir ‘n hondjie soos hierdie dingetjie wat uit die kake van die dood gebid is nie, hoekom is sy dan tog dood??? Ek voel skuldig want daar is mense wie se kinders en ouers nie meer daar is nie en probeer nie huil nie maar ek mis haar so.

Advertisements

12 thoughts on “Coco ek mis jou so!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s