Vlamboom

‘N ander soort Kersverhaal!

Kom reis saam om die wêreld

Gouda se kersboom is ’n dooie, kandelaaragtige blomtak van die groot bergaalwyn uit Ouma Rhoda se dorpstuin.

Pa Koot gaan haal die tak van die buitekamer se solder af en maak hom staan in ‘n blompot op die lessenaar in die sonkamer waar ma Hanna elke tak sorgvuldig in watte toewikkel.

Verbeel julle dis sneeu” sê sy, dit terwyl die somerkraaie buite sit en gaap en die vaal grasperk smag na die lafenis van ’n laatmiddag reënbui.

Uit die ou skoendoos in die spaarkamerkas verskyn daar blink glasballe, kleurvolle linte en ’n verbleikte kersvader aan ’n rooi toutjie. Elke versiering het sy plek en groot-oog staan ons en staar hoe Ma die droë tak omskep in ’n glinsterende sneeuboom. Heel laaste maak Ma die dun verjaarsdagkersies op hulle plekkies aan die kersboom vas. Rooi, blou en wit kersies vir aansteek as Pa teen laatskemer gaan Bybellees.

Dan bring sy…

View original post 453 more words

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s