Dis so mooi en waar
Ek het hom nie geken nie, tog het sy lewe my eie beïnvloed. Ek het hom nooit hoor lag en gesels nie, tog was sy stem ‘n klankgolf in my middeloor. Ek kan nie met eerlikheid getuig van sy vernuf met ‘n braaitang, sy vermoë as ‘n Oupa of sy geduld agter ‘n minibussie op die snelweg nie, maar die energie van sy bestaan het die wêreld ‘n beter plek gemaak.
Miskien het hy Saterdae vir die Bokke geskree. Die moontlikheid van ‘n voorliefde vir biltong is groot. Dalk het hy soms bruin skoene saam met ‘n swart belt aangetrek. Dalk was daar ‘n gaatjie in sy t-hemp. Dalk het hy nie die toiletsitplek laat sak, die handoek van die vloer af opgetel of sy koffiebeker kombuis toe gevat nie. Dalk het hy gesnork. Bier drink? Camel rook? Lelik praat? Ek weet nie. Miskien. Soms. Maak nie regtig ‘n verskil nie.
View original post 251 more words