Archive | Februarie 2017

Megiddo

Daarna is ons na Megiddo waar die slag van Armaggedon gaan plaasvind.

Oppad na Megiddo het ons net verby Berg Tabor (the high mountain apart) gery. Dit is die hoogste berg in die omgewing met ‘n kerk bo-op die berg; Basilica of Transfiguration.  Dit is waar Jesus vir Petrus, Jakobus en Johannes geneem het en voor hulle oë verheerlik is en hulle vir Moses en Elia ook gesien het, Matt 17:2. Dit is ook waar Gideon en sy 300 manne die Midianiete verslaan het, 1 Sam 28:7, en Saul en sy seuns gesterf het.

Slag van Armageddon is (soos deur iemand anders verduidelik is):

Twee Groot Oorloë in Israel 

Die Bybel profeteer twee groot oorloë wat in die eindtyd in Israel gevoer sal word. Die eerste is die Russies-Arabiese inval in Israel (Eseg. 38 en 39), en die tweede die slag van Armageddon (Sag. 14; Op. 19). Die eerste een sal ‘n groot streeksoorlog en die tweede een ‘n wêreldoorlog wees waardeur alle mense op aarde geraak sal word. Beide hierdie oorloë sal deur die koninkryk van die duisternis aangeblaas word in ‘n poging om die openbaring van God se koninkryk op aarde te voorkom.   http://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/TweeOorloe.htm

slag-vana

Megiddo word reeds 1500vC in Egiptiese geskrifte genoem en is deur Joshua verower; Jos 12:2.  Van die hewigste gevegte in die Bybel is hier geveg.  Napoleon het ook later hier geveg.

Daar is baie uitgrawings gedoen en daar het ons ook ‘n krip uit Jesus se tyd gesien.

krip

Daar is stalle, paleise en skure.  Deur die tye is 20 stede verwoes en oor die vorige een gebou.  Die stad se watersisteem was indrukwekkend en dateer 2800 jaar terug.

water-onder-dorp

Onder deur die stad loop ‘n tonnel wat ‘n fontein verbind met die stad.  Ons het deur die tonnel geloop, gelukkig is daar intussen nou trappe ingesit en gaan dit beter.  Die eerste deel het 190 trappe en skoonsuster Hettie was seker iemand het verkeerd getel en dat daar baie meer is. Ons het lekker vir haar aanmerkings gelag.

Hier is ons darem al oppad uit.

tonnel

Ek verjaar in Jerusalem – wat ‘n voorreg!

Ek verjaar: 29 September 2013

My verjaardag begin met ‘n besoek aan die Berg van Saligsprekinge waarop ‘n baie groot en mooi kerk gebou is met die wonderlikste uitsig oor die See van Galilea.  Na ‘n diens deur Liesel ons toerleier, het ons deur die kerk geloop.  Soos baie van die Katolieke Kerke in Israel  is die kerk baie versier maar baie mooier as van die ander kerke.  Elke Saligspreking is in ‘n loodglas venster uitgebeeld, Matt 5:1-12.

Kerk op berg v Saligsprekinge.JPG

Die tuin is ‘n lushof en daar is so baie hoeke waarvan mens fotos wil neem, veral die seeuitsig wat vir my een van die mooistes was wat ek in Israel gesien het.  Daar het die 80 jarige tannie Bets vir my ‘n bossie blomme gepluk vir my verjaardag.

Skoonsus en ek geniet ons gate uit!

 

Die Jesus boot

“The Jesus Boat Museum” was baie interessant en ons het ‘n video gekyk oor  die reddingspoging van die boot uit die 1ste eeu na Christus en ek wens ek kon dit presies hier weergee.

Die Jesus boot is ‘n boot wat onder in die see van Galilea ontdek is en wat oor die 2000 jaar oud is:

The Story of the Boat (http://www.jesusboat.com/story-of-the-jesus-boat)

This is the exciting and inspirational story of the discovery, excavation and conservation of the Ancient Galilee Boat, known as the celebrated Jesus Boat. Moshe and Yuval Lufan, brothers and fishermen from Kibbutz Ginosar, discovered the Ancient Galilee Boat buried in the mud near the shore of the Sea of Galilee. The discovery of the boat rocked the archeological and spiritual world. Never before was such an ancient vessel found so complete. Once the boat was positively dated to the First Century BCE, pilgrims from around the world flocked to view the boat on which could have been the very same vessel on which Jesus sailed the Sea of Galilee. The vessel is 9 meters long, 2.5 meters wide and 1.25 meters high. It may have functioned as a ferry boat, but its measurtments also suit those used by ancient fishermen employing a seine, or dragnet, “cast into the sea” as described in Matthew 13:47-48. The Jesus Boat is on display on Kibbutz Ginosar on the shore of the Sea of Galilee and is viewed by tens of thousands of pilgrims each year.  (http://www.jesusboat.com/story-of-the-jesus-boat)

jesus-boot

 

Dankie Toortsie!

Vandag wil ek vir jou dankie sê Toortsie vir jou hulp om ‘n blog te begin.  Jy het my lus gemaak om dit te doen en die moed gegee.

Kapernaum – dorp van Nahum

Volgende op die program was Kapernaum (dorp van Nahum) waarna ek baie uitgesien het.  Mattheus het daar in die tolhuis gewerk voor Jesus hom geroep het as dissipel. In Matt 9:9. In Matt 4:12—15 sê dit Jesus het in Kapernaum gaan woon en het ook SY eerste dissipels daar geroep, Petrus en Andreas.  Uitgrawings van die oorspronklike sinagoge waar Jesus baie gepreek en geleer het is nog daar.  Jesus het Kapernaum vervloek omdat van Sy kragtigste dade daar plaasgevind het maar hulle wou hulle nie bekeer nie.  Tot vandag toe lê Kapernaum in ruïnes.

kerk-oor-petrus-se-huis

Uitgrawings van Petrus se oorspronklike huis is daar waar Jesus Petrus se skoonma gesond gemaak het en die verlamde man deur die dak laat sak is.  Daar is ‘n Katolieke kerk oor gebou en mens sien die huis deur die kerk se glasoer.

tempel

Volgens oorlewering die oorspronklike sinagoge waar Jesus gepreek het.

By die Church of St. Peter’s Primacy het Jesus  aan die dissipels verskyn na SY opstanding en vir Petrus gesê hulle moet die nette aan die ander kant van die boot ingooi en hulle het soveel vis gevang die nette wou skeur.  Hulle het ook daar saam geëet.   Ek het met my voete in die water gestaan en hier baie naby aan Jesus gevoel.  My kamera se battery was ongelukkig pap en ek kon nie baie fotos neem nie.  Miskien was dit ‘n bedekte seën want anders was my aandag meer by die fotos en dan het ek ‘n baie spesiale oomblik gemis.  In die tuin is ‘n standbeeld van Jesus en Petrus waar Jesus 3 keer vir hom vra “het jy My lief” en dan sê; laat My lammers wei, pas My skape op, laat MY skape wei.

Die volgende 3 fotos is geleen aangesien my kamera se battery pap was.