Die Tuin en die Goue Poort

Ons kon nie genoeg van die uitsig vanaf die Olyfberg kry nie.  Die goue koepel van die Moslem kerk is ‘n bekende baken in Israel.

jerusalem8

Die Goue Poort waardeur die Jode glo die Messias sal kom omdat dit die poort was waardeur Jesus op die donkie gekom het. Hy is toegebou deur Suleiman the Magnificent, van die Moslems wat  daardie tyd Jerusalem verower het om te verhoed dat die Messias terugkom. Min wetende dat die Messias klaar gekom het.

jerusalem10

‘n Pragtige vrou saam met ons op toer.  Die Jode en Arabiere wou haar net koop.  Ons het dadelik gekliek en het heerlik gekuier.  Haar man het vir ek en Hettie baie gehelp met ons bagasie.

magda

Ons het die Church of all Nations besoek wat so genoem word omdat hy gebou is deur donasies van 16 nasies.

church

Church off all nations

 Die klip waarop Jesus bloed gesweet het van angs terwyl Hy bid voor hy in hegtenis geneem is. Dit is binne in die kerk.

 bloedsweet

Daarna is ons na die tuin van Getsemane (Olyfpers) waar ons ‘n diens gehad het en alleentyd gehad om met die Here te praat.  Daar is massiewe olyfbome wat party mense glo uit Jesus se tyd is.  Maar die gids sê dit is net baie oud.

olyfboom.jpg

Die Tuin van Getsemanè waar Jesus gebid het voor HY in hegtenis geneem is. Dit was ‘n baie emosionele besoek.

Tuin v Getsemane3.JPG

tuin-v-getsemane5

 

Pragtige geboue in Jerusalem. Daar is ‘n wet in Israel dat alle geboue met die ligte ‘Jerusalem-steen’ gebou word wat bestaan uit sand of kalksteen.

jerusalem9

 

3 thoughts on “Die Tuin en die Goue Poort

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s