Jerusalem o Jerusalem stad van my hart

Ek verjaar nog steeds: 29 September

Ek kon nie wag om in Jerusalem te kom nie en soos Psalm 122:2 sê:  “Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem.”.   Terwyl ons die buitewyke binnery het “Jerusalem” op die CD speler kliphard gespeel en dit was ‘n hoendervleis oomblik.  Die werklikheid van Israel het my daar werklik getref, wat ‘n verjaardag!  Jerusalem het ‘n baie lang en interessante geskiedenis.

eerstel-glimps

My eerste glimps van Jerusalem – hoendervleis

Langs die pad staan yster doppe wat gemaak is vir die motors om hulle te beskerm teen handgranate wat op hulle gegooi is ‘n paar jaar gelede.  Jy sit die dop aan, ry tot in Jerusalem en haal dit af, wanneer jy teruggaan sit jy dit weer aan.

staalkar

Aangesien hierdie ‘n propvol dag was en ons nog die aand uitgegaan het, is ons reguit hotel toe om te bad en te eet.  ‘n Pragtige hotel met weereens die heerlikste kos.  Ek het geskater van die lag oor Hettie en die hotelpersoneel se kommunikasie om vir ons ‘n badprop in die hande te kry.  Dit was handgebare en woorde en al wat hulle bly vra vir haar is: “doesh doesh?” wat ek dink ‘was’ beteken.  Later sou ons uitvind die hotelle verkies mens moet stort omdat water skaars is.

 

Die aand het oor die 400 Christene uit Suid Afrika bymekaar gekom vir ‘n Gospel Fees.  Angus Buchan was vir ‘n rukkie daar voor hy sy vlug terug Suid Afrika toe moes haal.  Izak Burger het die Boodskap gebring en Jan de Wet, Willie & Natasha Joubert, Stass en Wian Vos het gesing.  Wat ‘n ongelooflike vertoning.  Ek het voorwaar die wonderlikste en besigste verjaardag ooit gehad.  Ons het omtrent na ‘n bad ‘uitgepass’ in die bed. Doodmoeg!!!!

Ons was die volgende oggend vroeg op soos gewoonlik.  Wanneer ek en Hettie 6uur in die oggende ons “wake up calls” van onvangs kry was ons gewoonlik al gebad en besig met aanttrek en hare.  Ontbyt was gewoonlik 7uur en 8uur ry die bus. Ek het baie uitgesien na die dae in Jerusalem.

2 thoughts on “Jerusalem o Jerusalem stad van my hart

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s