Elia op berg Karmel (Wingerd van God)

Ek verjaar nog steeds: 29 September

Die volgende stopplek op ons roete na Jerusalem was die berg Karmel (Wingerd van God) waar Elia die 450 Baäl priesters en Isèbel se 400 profete van Asjera uitgedaag het om tot hulle god te bid vir reën en hy sal tot God bid. 1Kon 18:22-46.  Dit was na 3 jaar van droogte.  Die hele volk Israel was ook daar. Die priesters het tot laatmiddag die afgod aangeroep maar niks het gebeur.  Elia het die altaar van die Here wat afgebreek was herstel met 12 klippe, ‘n sloot gegrawe en baie water op die altaar en bul gegooi.  Daarna het hy gebid en die Here het alles, met water en al, deur vuur verteer. Daarna het hulle al die vals profete doodgemaak.  Daarna het ‘n wolkie so groot soos ‘n mens se hand verskyn (1 Kon 18:44) en toe het dit baie gereën.  Na hom was Elisa priester en bo-op die berg bid  hy vir die Sunamietiese vrou se kind waarna hy lewend word, 2 Kon 4:25.  Daar is ‘n asemrowende uitsig bo-op die berg en ons het daar ‘n diens gehou.

elia-vermoor-die-baalprietsers

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s